verlorenes
Gedurende my jare op kollege, het ek as ’n gids gewerk en seuns op uitstappies in die Rocky Mountain Nasionale Park in Kolorado geneem. Tydens een van die uitstappies het een van die stappers – ’n tingerige, stadige knaap – agter geraak en iewers ’n verkeerde afdraaipad geneem. Toe ons by die kamp aangeland het, was hy nêrens te vinde…
Die langsaamheid van wysheid
Toe die Fariseërs na Jesus toe gekom het met die vrou wat owerspel gepleeg het en Hom gevra het wat hulle met haar moes doen, het Hy neergebuk en op die grond geskrywe (Joh. 8:6-11). Niemand van ons weet wat Hy daar geskryf het nie, maar toe hulle aanhou om te vra, het Jesus met een kort sin geantwoord: “Laat…
Die lewe wat saakmaak
Isaac Hann was ’n onbekende pastoor wat gedurende die 18de eeu in ’n klein kerkie in Loughwood, Engeland, as leraar gedien het. Aan die einde van sy bediening het sy gemeente uit slegs 26 vroue en 7 mans bestaan. Slegs vier van die mans het die eredienste redelik gereeld bygewoon. In hierdie dae van groot kerke en gemeentes, wie sou…
moenie oordeel nie!
Toe Jesus beveel het dat ons “nie moet oordeel nie”, het hy nie bedoel dat ons naïef of onverskillig moes wees nie. Natuurlik moet ons krities en analities wees en standpunt inneem in hierdie wêreld waar sake so maklik verkeerd loop en sonde volg. Wat Hy eintlik bedoel het, is dat ons nie veroordelend en aanvallend moet wees nie, iets…
Niemand het onthou nie!
In ’n kommentaar oor Prediker 9:15 het Martin Luther vertel van Themistocles, die soldaat en staatsman wat die Atheense leërmag gelei het. Deur sy strategie het hy die Slag van Salamis gewen, die Persiese leër van Griekse bodem verjaag en sy stad, Athene, gered. ’n Paar jaar later het hy egter in onguns geraak en is hy deur sy volksgenote…
Reik my die hand
Onlangs was ek besig om saam met ’n paar vriende vis te vang. Ongelukkig beland ek toe in ’n stroom wat te sterk was vir my ou bene. Ek moes van beter geweet het, want dis ’n welbekende feit dat strome soms te sterk kan wees en jy in probleme kan beland. Ek het paniekerig geraak en besef ek is…
Laat God kies
Ons, elkeen het miskien innige begeertes – waarvan niemand anders bewus is nie – miskien om te trou of om ’n spesifieke bediening te hanteer of op ’n spesiale plek te dien. Ons moet elke begeerte in God se hande plaas en ernstig bid. “Here, U moet vir my kies. Ek sal nie self ’n keuse uitoefen nie.” Genesis 13:10-11…
Om sy Naam ontwil
Die Israeliete het destyds in Gilgal byeengekom om hulle eerste koning, Saul, as koning te kroon (1 Samuel 11:15). Die Here was nie ingenome met die volk se besluit om ’n koning te vra nie, nogtans het Samuel hierdie woorde uitgespreek: “Ter wille van sy groot Naam sal die Here nie sy volk prysgee nie. Die Here het besluit om…
Die geheime vertrek
Daar is mense wat diepe behoeftes het, baie, baie diep. Die digter Alfred Tennyson, het geskryf: “Nooit het die oggend aand geword, of iewers is daar iemand wie se hart gebreek het.” Somtyds verkeer ons in gesprek met vriende wat deur diepe beproewinge gaan en dan voel dit vir ons asof ons nie weet wat om vir hulle te sê…
egte Skoonheid
Soms wanneer ek by die winkelsentrum in die tou staan om my rekening te vereffen, kyk ek na die voorblaaie van tydskrifte wat daar uitgestal word. Dit lyk vir my as die inhoud nie oor seks of geld gaan nie, dan handel dit oor dieët, fiksheid, gesondheid en uiterlike skoonheid. Tragies om te sê, maar daar is niks vir die…